ALBERTINIA NUUS - 'n Man van 31 het omstreeks 05:00 Sondag 15 Maart in sy huis in Bloekomlaan doodgebrand.
Volgens Elton Jantjies se ma, Magrieta was sy en haar suster Alice in die huis op die perseel.
"Ons het 'n gekap gehoor, maar gedink dis soos gewoonlik 'n bakleiery," het Magrieta gesê. Die gehamer was vermoedelik Jantjies wat probeer ontvlug het, maar die slot het na bewering nie 'lekker gewerk nie'. Hy laat sy vyfjarige dogtertjie, oupa Jan Jantjies, sy ma en drie susters agter.
Volgens die plaaslike polisie word die saak ondersoek.
Elton Jantjies
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'