HESSEQUA NUUS - Die nuwe regulasies soos afgekondig deur pres Cyril Ramaphosa gisteraand (14 Desember) en afgekondig in die Staatskoerant op 15 Desember 2020, het verreikende implikasies.
Alle strande in Hessequa, naamlik Witsand, Jongensfontein, Stilbaai en Gouritsmond, asook riviermondings sal vanaf 16 Desember vanjaar tot en met 3 Januarie volgende jaar gesluit word.
“Hessequa -munisipaliteit is tans met Garden Route-distriksmunisipaliteit, sowel as die departement van plaaslike regering en die premier in gesprek oor die interpretasie van die wetgewing en sal bykomende inligting bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is,” het Didi Budricks, munisipale kommunikasiebeampte in ‘n amptelike persverklaring gesê.
Kampe mag teen ? maksimum van 50% bedryf word. Kampeerders wat reeds bespreek het, word tans gekontak om vas te stel of hul wil kanselleer of van die fasiliteite gebruik wil maak. Swembaddens se besoekers sal in terme van die regulasies tot ? maksimum van 60 persone per swembad beperk word.
Die dagkamp langs Preekstoel kampeergebied op Stilbaai word met onmiddellike effek vir besoekers gesluit.
Die regulasies maak ook voorsiening dat binnehuise byeenkomste tot ‘n maksimum van 100 persone of minder, volgens die grootte van die lokaal, beperk word wat op sy beurt ‘n negatiewe effek op byvoorbeeld die optredes van kunstenaars en markte wat op die toerismebedryf gerig is, sal hê.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'