HEIDELBERG NUUS - Twee vermeende perlemoensmokkelaars is op Nuwejaarsdag met meer as een ton perlemoen gevang nadat hulle van ‘n padblokkade buite dié dorp probeer vlug het.
Die perlemoen se straatwaarde is ongeveer R1,5 miljoen.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder: "Suid-Kaap het die 45 sakke perlemoen sowat 1 010 kg geweeg.
"Die verdagtes het vlugtig in die hof op Swellendam verskyn.
"Die saak is tot Maandag 22 Januarie vir borg op Heidelberg uitgestel.
"Hulle bly in aanhouding."
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'