RIVERSDAL NUUS - 'n 24-jarige Egiptenaar is Saterdagmiddag, 9 Augustus in Van Riebeeckstraat in Riversdal dood toe hy na bewering met 'n swaar metaalvoorwerp oor die kop geslaan is.
Die slagoffer het glo omstreeks 16:00 na 'n huis in die straat gegaan om skuld in te vorder vir goedere wat hy glo aan die huiseienaar verkoop het, toe daar 'n stryery ontstaan het.
'n Jongman, ook 24, is na die aanval in hegtenis geneem en het vanoggend in die plaaslike landdroshof verskyn, maar is vrygelaat hangende die uitkoms van die polisieondersoek.
'n Navraag is aan die polisie gestuur en hul kommentaar sal geplaas word sodra Suid-Kaap Forum dit ontvang.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’