Alun Motley bedryf reeds die besigheid vir 7½ jaar en bestaan Vicom self reeds vir 21 jaar en is gesout in elektroniese dienste.
Dienste:
Vicom het reeds naam gemaak in Stilbaai vir langstaande en waardevolle diens aan die gemeenskap. Hulle spesialiseer in installering van DSTV, die verkoop en herstel van televisiestelle en installering van klanktoerusting, asook in tuis teater sisteme, motorradio's en outoma-tiese afstandbeheer vir motorhuisdeure.
Vicom het 'n nuwe reeks huishoudelike toestelle van verskaffers soos Russel Hobbs, Salton, Hoover, Remmington en Pineware. Die gemeenskap word vriendelik uitgenooi om hulle te besoek.
Multi Choice:
Vicom is 'n goedgekeurde inloop agentskap vir Multi Choice. Alle produkte van Multi Choice is beskikbaar en hulle kan help met enige navrae en behoeftes in die verband. Vicom is ook deur Multi Choice geakkrediteer vir installerings.
Handelsure:
Maandag tot Vrydag: 8:30 tot 17:00
Saterdag: 9:00 tot 12:00.

Alun Motley en Corné de Jager, die vriendelike gesigte by Vicom in Stilbaai.