Stilbaai Slaghuis het in 2009 'n Platinum-toekenning ontvang in die Cleaver-toekennings en in 2004 weggestap met die Freddy Hirsch 'Quality Award'-toekenning.
Hierdie toekennings verseker die verbruikers dat hulle met vertroue Suid-Afrikaanse beesvleis kan koop. Van die 165 slaghuise wat beoordeel is met 'n oorsiglys wat uit 212 punte tel, het sommige nasionale en provinsiale wenners, soos Stilbaai Slaghuis, meer as 96% behaal.
Die oorsiglys is gebruik om die finaliste te beoordeel op grond van higiëne, die verskaffing van rolgemerkte Suid-Afrikaanse beesvleis van gehalte, die beste raad wat verbruikers gekry het vir die voorbereiding van geregte en kostedoeltreffende maniere om van die beste snitte te bekom.
Die toekennings verseker dat verbruikers weet wat hulle van hulle slagters kan verwag, en gee erkenning aan daardie slagters wat hul verwagtinge oorskry. Die Cleaver-pryse is in 2005 die eerste keer toegeken om in die behoeftes van die verbruiker te voorsien deur 'n hoë standaard vir die land se slaghuise te stel. In 2005 is 2500 benoemings ontvang. Daarna het dit jaarliks toegeneem tot die rekordgetal van 21 865 in 2011.
Volgens die organiseerders toon dit dat die toekennings landswyd by sowel die verbruikers, as by die slaghuise gewild geraak het.
Kontak gerus vir Stilbaai Slaghuis by 028 754 2877 of Stilbaai Slaghuis Deli by 028 754 2880.

Die professionele slagtery span van Stilbaai Slaghuis glimlag breed met die Goue Clover toekenning.