RIVERSDAL NUUS - Een van die groot hoogtepunte by die Riversdal-landbouskou, wat vandag (Donderdag 15 Februarie) in aller erns begin, is die groot gros vleisbeeste wat hier gaan pronk.
Die skou trek jaarliks van die mees prominente telers van vleisbeeste in die Suid- en Wes-Kaap. Daar is vanjaar inskrywings van nege rasse met altesame 92 beeste wat hul spiere kom bult.
Rasbeoordeling begin vandag om 08:00. Maar dis die interrasklasse van Vrydag 16 Februarie, wat om 14:00 begin, wat dié groot hoogtepunt gaan wees.
Dis beslis die moeite werd om dié klomp beesbulle te kom dophou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’