Met 'n vyfde plek in die A-liga wag daar baie werk voor in die volgende kompetisie om die agterstand uit te wis.
Outeniqua Hengelklub van George is vroeg reeds die voorloper in die A-liga met Weermag wat die B-liga en Atlantic wat die C-liga lei.
Altesaam 109 hengelaars het deelgeneem wat 78 visse met ‘n totale massa van 231 kg ingeweeg het.
Steve Denny, van Triton Hengelklub in Mosselbaai, het die grootste eetbare vis, ‘n kabeljou van 12.59kg, gevang terwyl Henrico Lesch, van Outeniqua Hengelklub in George, die grootste oneetbare vis, ‘n "duckbill" van 36.23 kg geland het.
Uitslae:
A-liga: 1 Outeniqua 75.92; 2 Triton 61.49; 3 Knysna 26.04; 4 George 23.49; 5 Stilbaai 20.22; 6 Atlantic 19.81; 7 Mosselbaai 10.89.
B-liga: 1 Weermag 24.99; 2 Atlantic 21.23; 3 George 9.72; 4 Stilbaai 2.41; 5 Knysna 1.89; 6 Triton 1.38; 7 Outeniqua 0.78.
C-liga: 1 Atlantic 1.64; 2 Outeniqua 1.12.
Die tweede been in die reeks vind op 25 Oktober plaas.

Steve Denny met sy mooi kabeljou langs die hengelwater by Vleesbaai.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'