STILBAAI NUUS - Die NSRI se Stasie 31 moes Woensdag 6 Desember 'n rubberboot wat tussen Bosbokduin en Jongensfontein omgeslaan het in die rowwe seetoestande te hulp snel.
Die Militêre Akademie se trans enduro span met twee rubberbote was onderweg van Stilbaai na Struisbaai toe een van die rubberbote omgeslaan het.
Gelukkig kon die ander boot hulle behulpsaam wees totdat Stasie 31 se boot hulle kon bereik en veilig terugsleep Stilbaai hawe toe.
Daar was geen beserings nie en die twee bote is toe met sleepwaens verder Struisbaai toe.
Weereens was die uiters bekwame NSRI lede van Stasie 31 op Stilbaai baie paraat in 'n situasie wat baie maklik kon skeefloop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’