HEIDELBERG NUUS - Daniël Meyer het die naweek van 13 Mei tydens 'n Eden-minitennistoernooi in George drie enkelwedstryde en twee dubbelwedstryde gespeel.
Hy was die wenner van die o.12-seuns. Volgens hom was die lekkerste van die toernooi die sterk kompetisie.
Daniël is die toonbeeld van hardwerkendheid, sportmangees, uithouvermoë en ongelooflike etiek op die tennisbaan.
Sy afrigter, Cheryl Barry sê: "Daniël is geweldig gedissiplineerd. Tennis vereis tot 'n sekere mate perfeksionisme en dit is wat vir hom 'the cutting edge' gee."
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'