HEIDELBERG NUUS - Helena van Schalkwyk en Daniël Meyer het Vrydag, 4 Februarie aan die Eden tennisproewe in George deelgeneem.
Dit was twee lang dae op die tennisbaan en die spelers het 11 wedstryde elk gespeel.
Hattieland is baie trots op Daniël Meyer wat in die Eden o/12-seunsspan opgeneem is. Hy is nommer drie op die ranglys.
Daniël se passie vir tennis en etiek in dié sport beklemtoon sy liefde vir die spel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'