HESSEQUA NUUS - As jy 'n groot rugbyliefhebber is, sal die naweek se klubrugbyprogram jou nie teleurstel nie. Twee klubs het belangrike tuiswedstryde.
In Melkhoutfontein pak Seagulls vir Silver Stars en toeskouers kan hulle gereed maak vir lekker aanvallende hardlooprugby. Albei spanne hou daarvan om die bal rond te gooi en beide beskik oor hope vaart agterlangs.
Dis nou as die reën wat vir Saterdag voorspel word, nie 'n stokkie voor sulke planne steek nie.
In Riversdal kom die Blues op sy tuisveld teen die All Blacks te staan. Hoewel die Riversdallers steeds die pas aangee in die Super B-liga, kan hy taai teenstand verwag.
Wen albei plaaslike spanne sal hulle waarskynlik uitbundig saam met DA-ondersteuners feesvier ná hul stewige vertoning in vanjaar se nasionale verkiesing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’