STILBAAI NUUS - Die nuwe bestuur by Seagulls het nie gras onder hul voete laat groei nie en 'n hele rits vriendskaplike wedstryde is reeds gereël.
Saterdag, 31 Januarie, skop hulle af met 'n wedstryd in Melkhoutfontein teen die sterk span van Heidelberg.
Balhantering is dalk nog 'n bietjie verroes, maar vriendskaplike wedstryde in die voorseisoen lewer gewoonlik mooi hardlooprugby en die getroue ondersteuners word aangemoedig om op te ruk na die Melkhoutfontein-sportgronde.
Ander bevestigde wedstryde:
- Buffaloes Rugbyklub - tuis op 7 Februarie
- Happy Hearts Rugbyklub - tuis op 14 Februarie
- Arrows Rugbyklub - weg op 21 Februarie
- Arrows Rugbyklub - tuis op 28 Februarie
- Happy Hearts Rugbyklub - weg op 7 Maart
Help Seagulls om voor te berei vir die strawwe seisoen wat voorlê en kom ondersteun hulle Saterdag in Melkhoutfontein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’