STILBAAI NUUS - Seagulls het Saterdag 20 Julie gewys waarom hulle in die Uitdaagbeker kompetisie speel.
In 'n titaniese stryd het die A-span die wedstryd gewen met 18 - 14 nadat hulle rustyd 6 - 0 voorgeloop het.
Vir die tuisspan het Jerome Esau en Gurdwin Kleinhans gedruk, terwyl Curnall Sollmans 'n doelskop en twee strafskoppe deur die pale gejaag het.
Die B-span het Uniondale gewen met 36 - 24 nadat hulle 19 - 5 voorgeloop het met die draaislag.
In die proses het hulle ses drieë gedruk en drie doelskoppe was suksesvol.
Die C-span het die pap sommer lekker dik aangemaak en nadat hulle rustyd alreeds met 28 - 0 voorgeloop het, het hulle die wedstryd gewen met 'n pragtelling van 45 - 0.
In die proses het hulle sewe drieë gedruk en geslaag met vyf doelskoppe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’