STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein het Saterdag 1 Junie weereens gewys waarom hulle onder die voorlopers tel in hulle liga.
Die A-span wat rustyd 8 - 0 voorgeloop het teen Silver Stars moes diep delf in die tweede helfte, maar het nogtans met pragspel die wedstryd beklink met die eindtelling 8 - 7.
Die B-span het met 25 - 17 gewen nadat hulle rustyd 18 - 7 voorgeloop het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’