STILBAAI NUUS - George Rugbyklub speel Saterdag 2 Augustus in Melkhoutfontein teen Seagulls.
Dit is nie aldag dat Seagulls twee tuiswedstryde na mekaar kry nie en hulle moet die tuisveldvoordeel uitbuit.
Die getroue Seagulls ondersteuners kan uitsien na opwindende rugby en as hulle die pawiljoene volpak maak dit die spelers se taak sommer heelwat ligter.
In die Uitdaagbeker kompetisie is elke wedstryd belangrik, want net die top vier spanne sal aansluit by die Top-8 om in 2026 in die Superliga deel te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’