STILBAAI NUUS - George-rugbyklub het Saterdag 2 Augustus besoek afgelê by Seagulls in Melkhoutfontein en is met leë hande huis toe.
Seagulls se A-span het die grondslag vir hulle oorwinning in die eerste helfte gelê en was rustyd met 28 - 7 voor. Die eindtelling was 35 - 19 in die guns van die Seagulls.
Die B-span was rustyd met 5 - 7 agter, maar het in die tweede helfte die voortou geneem. Die eindtelling was 17 - 10 in die guns van die Seagulls.
Seagulls se C-span het hulle wedstryd net-net gewen met die eindtelling van 24 - 22 nadat hulle rustyd 12 - 10 voorgeloop het.
Saterdag 9 Augustus reis Seagulls na Oudtshoorn om daar teen die All Blacks te speel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’