RIVERSDAL NUUS - Die eerste reeks vriendskaplike wedstryde van klubs in die SWD-liga het Saterdag, 29 Januarie op Riversdal afgeskop toe Seagulls van Melkhoutfontein teen Riversdal Blues gespeel het.
Vir spelers en toekouers was die lang rugbydroogte einde ten laaste gebreek.
Seagulls het gemaklik met 24-16 gewen.
Seagulls se afrigter, Duane Deutschen het voor die wedstryd gesê dat sy spelers net die wedstryd moet geniet, maar hulle het egter ander planne gehad. Seagulls was vasbeslote om aan die besoekers te wys van watter stoffasie hulle gemaak is.
Albei spanne was lus om rugby te speel speel, ten spyte van die geweldige hitte onder 'n skroeiende son. Die skeidsregters het seker gemaak dat waterbreuke by elke wedstryd toegepas word om hitte uitputting te voorkom.
Blues se agttal kon nie daarin slaag om die stoommasjien van Seagulls te stuit nie. Die jong span het pragtige hardlooprugby voor 'n volgepakte stadion gespeel.
Blues se B-span het hulle opponente 'n behoorlike pak slae gegee deur hulle wedstryd met 31-5 te wen. Hulle teken vier drieë aanteken teen een van Seagulls B.
Verlede Saterdag, 5 Februarie op Melkhoutfontein het Heidelberg teen die plaaslike Seagulls gespeel.
Die fiksheid, skop- en hanteervernuf was deeglik beproef deur 'n sterk wind wat deurgaans skuins oor die veld gewaai het. Vir die afrigters was dit 'n geleentheid om waar te neem waar daar steeds leemtes is, om fiksheidsvlakke te meet, om te bereken en aan te pas of om spelers in die beste posisies te probeer.
Seagulls se A-span wat Riversdal Blues verras het. Foto: Heinrich Fortuin
Die drie spanne van beide kante het nie teleurgestel nie. Hoewel die derde spanne geen punte teen mekaar kon aanteken nie, het die jong manne die bal lustig rond gegooi en beide spanne moes telkemale duime van mekaar se doellyne gestuit word. Swak hanteerwerk het albei spanne van drieë ontneem.
In die tweede span wedstryde was dit 'n ander saak. Van die manne wat hier gespeel het, was aanspraakmakers op 'n plek in die eerste span.
Hier was met mening van die begin af ingeklim en harde rugby was gesien. Die druk van die groter en meer beweegliker voorspelers van Heidelberg het begin tel en weldra het die eerste punte na volgehoue voorspelerdruk gevolg.
Twee van Heidelberg se drie drieë was juis van druk van die vaste voorspelers, Thomlin Meyer en Hughan Meyer, terwyl die heelagter (en later losskakel) Shane Buys oorgegaan het vir 'n drie. Die eindtelling was 21-0 in Heibi B se guns.
Seagulls se eerste span het die wedstryd goed begin en vir so 20 minute goeie weerstand gebied teen die aanvallende spel van Heidelberg. Tog was dit by die eerste skrum duidelik dat die swaarder pak voorspelers later die oorhand sou kry. Heibi se eerstes het met goeie skrumwerk die basis vir die agterspelers gelê om in rat te kom. Die vaste voorspelers het ente ver met die bal vorentoe gebeur en ook self afgerond.
Seagulls se verdediging, voor en agter, was behoorlik op die proef gestel. In die tweede helfte het die vinnige tempo van die eerste helfte begin tel en het daar 'n insinking in albei spanne se spel gekom.
Die tuisspan se agterspelers het die min baie kanse wat hul gekry het, goed benut en in so 'n stiltetyd hul span se enigste drie gedruk.
Puntemakers
Drieë: Christopher Michaels, Marcelino Manho, Trevido Gordon en Shirgene Swartbooi (1 elk) en Dillan Beukes (2); doelskoppe: Berthal September (2); strafdrie (7 punte).
Eindtelling: 41-8
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'