HEIDELBERG NUUSFLITS - Die plaaslike rugbyklub se vlagskip het Saterdag 28 April op hul tuisveld amper hul Moses teëgekom in ‘n SWDR Premierligawedstryd teen Groot-Brakrivier.
Die tuisspan wen net-net met 22-20 nadat hulle rustyd gerieflik met 19-10 voorgeloop het.
Hoewel Heibi in die eerste helfte oorheers het, het Groot-Brak na rustyd met mening teruggekom en groot druk op die tuisspan geplaas.
Met slegs twee minute speeltyd oor loop die besoekers met 20-19 voor, maar staan ’n strafskop af. Pieter Uys, plaasvervanger linkervleuel trek egter die wa deur die drif deur dit sekuur tussen die pale te stuur.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'