HEIDELBERG NUUS - 'n Oud-leerling van Heidelberg het onlangs sy liefde vir sport en sy gemeenskap gewys deur rugbytoerusting aan twee plaaslike skole te skenk.
Julian Buis van die JG Buis Stigting het rugbyballe en ander oefentoerusting aan De Waalville Primêr en Kairos Senior Sekonder oorhandig.
Volgens Buis bied sport aan jongmense die geleentheid om belangrike lewensvaardighede te ontwikkel en sukses te behaal. Dit is juis dié oortuiging wat hom gemotiveer het om die skenking te maak.
"Kinders kan deur sport sukses in die lewe behaal," het Buis gesê.
By De Waalville Primêr het Ronald du Toit die toerusting namens die skool ontvang, terwyl Fernoll Pretorius, rugbyafrigter van Kairos Senior Sekondêr, die skenking met dankbaarheid in ontvangs geneem het.
Die skenking sal 'n waardevolle bydrae lewer tot die ontwikkeling van rugby by albei skole en jong spelers die geleentheid gee om met beter toerusting hul vaardighede verder te ontwikkel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’