Agt spanne in die streek het deelgeneem. Rdl Charles Prins het die opening op 'n gepaste wyse geopen en die toeskouers en spelers gevra vir 'n minuut stilte as huldeblyk aan Tinus Linee, bekende rugbyspeler wat onlangs dood is.
Daarna het die toernooi in alle erns begin, waar heelwat jong spelers die geleentheid gegun is om hul rugbytalent te beproef.
Die eerste wedstryde van die toernooi het op Riversdal Dorp se rugbyveld afgeskop. Afrigters van al die die ligaklubs in die omge-wing was beïndruk met die manier hoe die jong spelers mekaar die stryd aangesê het. Van dié spelers is nog op skool, maar het gewys dat hulle hul man kan staan teen die groot kanonne.
Die skeidsregters het ook 'n groot bydrae gelewer en behoorlik hulle hande volgehad met al die spanne wat gespeel het.
Albertinia Rangers en Blues het die dag afgesluit, met Blues wat die stryd gewen het.
Die naweek sal die toernooi na Riverville Stadion verskuif, waar die eindstryde ook sal plaasvind. 'n Groter skare word Saterdag, 15 November verwag met taai wedstryde in die vooruitsig waar die seuns van die manne geskei sal word. (Heinrich Fortuin, korrespondent).
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Riversdal Blues het albei hul wedstryde gewen.
Albertinia Rangers het die grootste telling opgestel en agt drieë gedruk.
ARTIKEL EN FOTO'S: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'