Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Saterdag 11 Februarie breek die oomblik van waarheid aan vir die SWD Arende wanneer hulle uitdraf teen die OP Olifante in Gqeberha vir hul eerste amptelike wedstryd van die nuwe seisoen.
Die wedstryd in die eerste divisie van die Curriebekerreeks vind in die Wolfson-stadion plaas en begin om 15:00.
Die SWD Arende het reeds op 21 Januarie, sy rugbyseisoen op 'n hoë noot afgeskop toe hulle NMU in 'n opwarmingswedstryd 50 - 17 gewen het. 'n Paar dae later het die Arende in Mosselbaai in nog 'n opwarmingswedstryd teen Griekwas gespeel en met 34 - 21 verloor.
Op Dinsdag 7 Februarie het die Arende-groep 'n stewige oefensessie by NMU Saasveld onder die wakende oog van Anton Moolman, hoofafrigter en sy afrigtingspan, gehad.
"Dinge lyk goed en die spelers is opgewonde. Die spelers is gefokus en wil die kompetisie op 'n positiewe noot begin," sê Moolman.
Daar is tussen nou en 24 Junie sowat 18 wedstryde wat vir die Arende wag. In die wedstryde gaan die Arende nie net geleentheid kry om hul te meet teen Suid-Afrikaanse spanne nie, maar ook teen buitelandse spanne.
VIDEO: Ons is reg
VIDEO: Afrigter praat
VIDEO: Wat dink die leiersgroep?
Die Arende-groep Dinsdag besig met hul oefensessie by NMU Saasveld.
Janneman Stander en Edwin Sass die leiersgroep van die Arende. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'