HEIDELBERG RUGBY NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag 8 Junie net-net met 12-9 in hul tuis SWDR-Premierligawedstryd teen Groot-Brakrivier deurgeskuur.
Die besoekers het rustyd met 6-5 voorgeloop.
Die tuisspan het heelwat kanse verbrou en was waarskynlik té gerus, veral na hul oorwinning die vorige week oor die ligavoorlopers, Evergreens.
Heidelberg se tweede span het met 10-7 verloor nadat hulle rustyd met 7-3 voor was.
Heibi se C-span het met 24-17 gewen nadat hulle rustyd met 12-7 agter was.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'