HESSEQUA NUUS - Die kragmeting tussen Heidelberg en Bridgton vanmiddag (Saterdag 8 Junie) sal vir baie ondersteuners die hoofdis wees op die naweek se klubrugbyspyskaart.
Heidelberg tuis bly vir enige besoekende span maar 'n taai tameletjie met die tuisskare wat hul span onvoorwaardelik ondersteun.
Gebruik mens plek op die puntelys as 'n maatstaf is Bridgton dalk met 'n kortkop die gunsteling. Hulle is tans in die vierde plek op 29 punte ná sewe wedstryde terwyl Heibi in die sesde plek is op 26 punte ná nege wedstryde.
Vir Heibi is dit belangrik om hier te wen en dit ook goed te doen. Verkieslik met 'n bonuspuntoorwinning as hy nog enigsins 'n aanspraakmaker wil wees in die SWD se Super A-liga.
Twee plaaslike spanne is in wegwedstryde betrokke. Seagulls pak die All Blacks in Oudstshoorn terwyl Riversdal Blues na Knysna reis om die tuisspan daar aan te durf.
In die Super B-liga is die enigste tuiswedstryd die kragmeting tussen Albertinia Rangers en Eagle Stars.
En in Riversdal speel die dorpspan teen Mosselbaai Titans.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’