HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Rugbyklub het die afgelope Saterdag 12 April in hul langverwagte derby teen Riversdal Blues met 38-20 koning gekraai.
Die tuisspan, wat saam met Groot-Brakrivier die verdedigende Superliga-kampioen is, het teen rustyd met 33-7 voorgeloop.
Die wedstryd het deurgaans opwindende rugby opgelewer het en altesaam agt drieë opgelewer. Heibi het ses keer gaan druk en die Blues slegs twee keer.
Heibi kon egter net een van hul halfdosyn drieë in die tweede helfte byvoeg.
Heidelberg se tweede en derde spanne het ook hul onderskeie wedstryde met 17-11 en 25-7 gewen.
Riversdal Blues hoef nie hul koppe te laat hang met dié verloor nie, aangesien hulle met die verdedigende kampioen kragte gemeet het. Hulle kan egter net verbeter.
Heidelberg se trots. Heibi se eerste rubyspan saam met die reserwes en afrigtingspan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’