HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub, oftewel Heibi soos hulle alombekend is, was Saterdag 4 Mei vir die derde agtereenvolgende keer aan die verloorkant toe Barbarians van Mosselbaai hulle in ongure weer met 24-15 geklop het.
Heibi was met rustyd met 10-7 voor.
Desondanks die nat toestande het albei spanne goeie, en soms, spannede rugby opgedis. Baabas het drie drieë teenoor Heibi se twee aangeteken.
In die eerste wedstryd het Baabas se C-span met 7-3 koning gekraai, terwyl Heibi se B-span met 17-14 gewen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’