HEIDELBERG RUGBY NUUS - Heidelberg-rugbyklub het in hul tweede wegwedstryd van die seisoen byna weer teen Maori's-rugbyklub die onderspit gedelf.
Hulle het naelskraap met 8-3 hul SWDR Premierligawedstryd op Saterdag 5 Mei gewen. Hulle het rustyd met 5-0 voorgeloop.
Rotsvaste verdediging aan beide kante het verhoed dat nie een van die spanne behoorlike greep op die wedstryd kon uitoefen nie.
Heibi se punte is deur Jason Liebenberg (losskakel) met 'n drie aangeteken, terwyl Pieter Uys (plaasvervanger skrumskakel) met 'n strafskop geslaag het.
Maori's se enigste punte is deur Marshell Frans (senter) met 'n strafskop aangeteken.
Die besoekers het ook beide die voorwedstryde gewen. In die eerste wedstryd tussen die derdespanne het hulle met 45-6 gewen.
Vir Heibi het Herschelle Pieters (slot) twee drieë gedruk, terwyl Martinique Riddles (senter), Andrew Appollis (flank), Sadrick Pieterse (slot), Hendrik Arends (stut) en Elandré Links (reserwe haker) elk een drie aangeteken het.
Alwin Swanepoel het vyf van die sewe drieë verdoel. Shane Afrika, (skrumskakel), het met twee strafskoppe vir die tuisspan geslaag.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'