HEIDELBERG RUGBY NUUS - Bridgton is Saterdag 27 Julie met die kous oor die kop na Oudtshoorn teruggestuur na Heibi hulle weereens met 34-15 in die tweede ronde van die SWDRU Premierliga gewen het.
Heidelberg was rustyd gemaklik met 22-5 voor. Die A-span beklee steeds die vierde plek op die log met 60 punte na 16 wedstryde.
Dié wen was soete wraak vir verlede seisoen se twee wedstryde wat hulle verloor het.
Heibi se derde span wen met 21-7 en die tweede span met 21-5.
Heidelberg speel Saterdag in ’n wegwedstryd teen George en hulle sal hul goeie vertonings van die afgelope tyd wil handhaaf.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Martin Hartnick, Heibi-flank rank hoog vir die bal.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'