HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub het vir Evergreens, die premierliga-voorlopers in hul wegwedstryd Saterdag 1 Junie behoorlik laat verlep deur die wedstryd met 39-22 te wen.
Heibi het rustyd met ’n oortuigende voorsprong van 20-3 na die kleedkamers gegaan.
In die eerste wedstryd van die dag het Evergreens se derde span net-net met 15-12 gewen nadat hulle rustyd met 12-5 voorgeloop het.
Heibi se tweede span het ’n loesing gekry met hul neerlaag van 39-17, nadat hulle rustyd met 34-10 agter was.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'