Gallery
HEIDELBERG NUUS - Al drie George-rugbyklub se spanne moes Saterdag 3 Augustus die knie teen Heidelberg se spanne buig.
Heibi se A-span draf van die veld met die telling op die telbord op 46-36, na hulle rustyd met 25-15 voorgeloop het.
Met die oorwinning beklee hulle steeds die vierde plek op die SWDRU Premierliga met 65 punte na 17 wedstryde.
Heibi se derde span wen met 17-14 na hulle met 17-7 rustyd gedraai het. Die tweede span wen met 67-0 gewen na hulle rustyd met 31-0 voorgeloop het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'