HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub se topspan het Saterdag (18 Mei) weer eens bewys waartoe hulle in staat is toe hulle vir Blanco, die voorlopers in die Superliga A, in 'n spannende wedstryd naelskraap met 34 - 31geklop het.
Die rustyd telling was 20-10 in die tuisspan se guns.
Die wedstryd, wat albei spanne se lojale ondersteuners soms naels laat kou het, het nege drieë opgelewer. Heidelberg het vyf daarvan gedruk en Blanco vier.
Francois Pieters, vlymskerp-senter van Heibi, is as speler van die wedstryd aangewys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’