ALBRTINIA RUGBY NUUS - Rangers het die Arrows van Slangrivier met 85-31 Saterdag 12 Mei in 'n SWD Presidentliga-wedstryd op hul tuisveld vermorsel.
Die tuisspan was rustyd gerieflik voor in die SWD Presidentsliga-wedstryd met 31-12 en het reeds hul bonuspunt behaal. Die tweedespan wen met 21-6 nadat hulle rustyd 7-3 voor was.
Puntemakers was: Rolan Jansen (linkervleuel x2) en Le-Quin Michaels (flank).
Doelskoppe: Elroy Buis (losskakel x3).
Rangers se afrigters het die spelers geloof vir hulle besluitnemingsvermoë tydens die wedstryd wat tot 13 pragdrieë gelei het. Vlugvoetige agterspelers het vanaf die afskop die besoekers aan flarde geskeur wat die bal tot by die vleuels versprei het.
Abraham September linkervleuel het die besoekers na hul asems laat snak met sy talle individuele lopies.
Rangers se puntemakers: Jonathan Matiso (heelagter), Abraham September (linkervleuel x4), Lenesteyo Nomdo (buitesenter x2), Charlton Petersen (binnesenter), Keanen Tarentaal (losskakel), Calwyn Kortje (skrumskakel), Hogan Nomdo (slot), Conroy Michaels (sluit)en die plaasvervanger linkervleuel Rolan Jansen.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'