RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale is reeds besig om voor te berei vir die Junie-eksamen.
Op sportgebied word ook gereedgemaak vir drie harde rugbywedstryde teen Paarl Gimnasium, Outeniqua en Paul Roos Gimnasium.
Al die Oakdale-spanne speel op hul tuisveld op 19 Mei teen Paarl Gimnasium.
Program
DE EIKE
08:30 - o.15A's; 09:35 - o.16A's; 10:45 - o.19B's en 12:00 - o.19A's.
POPULIERBOS
08:30 - o.16B's; 09:40 - o.16D's en 10:50 - o.16C's.
DONKERBOS
08:30 - o.14B's; 09:30 - o.14C's en 10:30 - o.14A's.
TEN DAMME
08:30 - o.15D's; 09:30 - o.15C's en 10:30 - o.15B's.
DE TUINE
08:30 - o.19D's; 09:40 - o.19F's en 10:45 - o.19E's.
DE BOORD
08:30 - o.19G's; 09:30 - o.19C's en 10:45 - o.14D's.
Die skool se o.19 A-span is tans nog onoorwonne.
Die o.15 A-span se wedstryd wek ook groot belangsteling aangesien die span jaar vantevore met 3-6 teen Paarl Gimnasium verloor het. Hulle sal dit graag wil regstel met 'n goeie oorwinning.
Oakdale se o.15 A-span slaggereed vir die stryd Saterdag teen die span van Paarl Gimnasium.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'