Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Riversdal Blues en Seagulls van Melkhoutfontein het Saterdag 10 Maart tydens ’n harde wedstryd kragte op Riverville gemeet.
Blues het met 54 punte teenoor Seagulls se 24 punte gewen. Blues se B-span het ’n goeie telling opgelewer en met 22 teenoor Seagulls B-span se 3 punte gewen.
Chedwin Paulsen (no. 10) verdoel vier van die agt drieë wat gedruk is en sit ook die bal oor die mas met twee strafskoppe.
Hy is as speler van die wedstryd aangewys. Deon van Eeden (no. 8) is as speler van die wedstryd vir die B-span aangewys.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'