HESSEQUA NUUS - Twee vriende se liefde vir fietsry is op Saterdag 17 Augustus met 'n spesiale trofee by die Transbaviaans MTB Fietswedren beloon.
Boet van Zyl (51) van Albertinia en Pieter du Plessis (41), tans van Riversdal, het die vyfde agtereenvolgende jaar dié moordende wedren se 230 km saam kafgedraf.
Volgens Pieter se vrou Anami het die manne ontmoet toe die Du Plessis-gesin vir 'n paar jaar in Albertinia gewoon het. Hulle het dadelik vriende geword en saam begin fietsry. Na hulle hul eerste Transbaviaans gery het, het hulle besluit om vyf jaar na mekaar deel te neem sodat hulle 'n toekenning daarvoor kon ontvang. Verlede jaar het die Cullinan2Tonteldoos MTB Ultramarathon van 260 km wat naby Pretoria plaasgevind het aan die beurt gekom.
Die langasems draf ook saam en het verlede jaar hul eerste Kaapstad-marathon voltooi.
Die spesiale toekenning vir vyf jaar agtereen-volgende deelname.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'