STILBAAI NUUS - Besoekers wat vir die kort vakansie in die mooi kusdorp kom uitspan het, het die kans benut om Saterdag aan die roetewedloop tussen Jongensfontein en Stilbaai deel te neem.
Sowat 50 atlete, oud en jonk, het om 08:30 by Jongensfontein weggespring op die skilderagtige 16 km-roete kuslangs, oor die duine en deur die hawe tot by die eindpunt by Palinggat.
Heelwat meer atlete (minstens 68) het vir die 5 km-pretdraf of -stap opgedaag.
Die ligte windjie het vir 'n aangename wedloop gesorg.
By Palinggat het 'n feestelike atmosfeer geheers met stalletjies wat heerlike eet- en drinkgoed voorgesit het.
Heelwat vakansiegangers het vir die 16 km-roetewedloop opgedaag. Die groep is net ná die wegspring by Jongensfontein afgeneem. Foto: Hugo Redelinghuys
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’