STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Kickboxing Academy van Victor-Arno Visagie het op 7 Maart aan die 15de jaarlikse Battle of the Karoo-skopbokstoernooi in Oudtshoorn deelgeneem.
Harrison Laubscher en Amy Hanekom het uitstekend presteer en Harrison is beloon met twee goue medaljes, terwyl Amy 3 silwermedaljes huistoe gebring het.
Dit was goeie voorbereiding teen sterk klubs van regoor die Wes-Kaap sowel as Oos-Kaap vir die SA's wat van 24 tot 28 April, ook in Oudtshoorn, plaasvind.
Die Battle of the Karoo het oor die jare ontwikkel tot 'n belangrike platform waar skopboksers van verskillende ouderdomme én vaardigheidsvlakke die geleentheid kry om hul talent te wys en ervaring op te doen.
Skopboks help om dissipline, selfvertroue en deursettiongsvermoë by kinders en jongmense te ontwikkel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’