Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die KANSA-pretloop wat elke jaar in getalle en gewildheid toeneem, het vanjaar weer honderde ondersteuners gelok.
Deelnemers het vroegoggend reeds by die skouterrein begin saamtrek om die pretloop te ondersteun. Oud en jonk het die 6 km deur die dorp na die eindpunt by die gemeenskapsaal gestap, gedrafstap of sommer net gesels-gesels gestap.
Baie deelnemers het prettige kostuums gedra, groepe vriende het as spanne ingeskryf, families het spesiale hempies laat maak en mense wat nie eens gereelde stappers is nie, het gekom om deel van die feestelikheid te wees. Op twee plekke langs die pad moes die deelnemers deur 'n kleurewolk stap, wat 'n ware reënboogkleur aan die geleentheid gegee het.
Organiseerder Vito van Niekerk, het almal by die eindpunt bedank vir hul jaarlikse ondersteuning vir 'n goeie saak.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'