WITSAND/PORT BEAUFORT SPORT NUUS - Die rolbalklub op dié kusdorp was Vrydag 23 November ’n miernes van rolbalspelers wat hul borge verteenwoordig het.
Die SSK-reklamedag vind jaarliks plaas met SSK as die hoofborg.
Besighede borg elk ‘n span wat uit drie spelers en een nie-speler bestaan wat gewoonlik die besigheid self verteenwoordig.
Twaalf spanne het vanjaar deelgeneem.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Spitskop Steenwerke was die bes geklede span.
Hessequa-munisipaliteit was derde met van links Merven Kammies (skipper), Adam Riddles, Giovani Pieters en Koos Roberts.
Pili Pili-restaurant van Witsand was tweede met van links Jan Storm, Anton Swanepoel (skipper), Hantie Swanepoel en Hennie Garlick.
Anchorage-restaurant, Witsand was eerste met van links Radie Rademeyer, Fay Brooks, Hans Steyn (skipper) en Eugene Vorster.
"Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus."