STILBAAI NUUS - Stilbaaiers kan uitsien na 'n vol sportnaweek van Vrydag 19 April tot Sondag.
Vrydagmiddag is daar 'n pret Trail Run oor 4 en 10 kilometer en dit gaan plaasvind vanaf die oop stuk grond langs Stables. Registrasie is vanaf 15:30 en vir inligting kan Georgine Heenop geskakel word by 082 898 8597.
Saterdag en Sondag is daar 'n groot MTB byeenkoms wat ook sal plaasvind vanaf die oop stuk grond langs Stables. Vir inligting kan Jan Heenop geskakel word by 082 455 2875.
Saterdagoggend is daar natuurlik die Stilbaai Parkrun en Saterdagmiddag pak Seagulls vir Knysna United op die Melkhoutfontein sportgronde.
Soos gewoonlik sal die gholfbaan ewe bedrywig wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’