HESSEQUA NUUS - SANESA-ryer Renaldo Oktober het verskeie medaljes op 22 November tydens 'n weeklikse saalbyeenkoms van sy afrigter ontvang.
Oktober het vanjaar goeie vordering getoon en het verskeie prestasies behaal as gevolg van goeie gemiddelde punte regdeur die jaar.
Hy word deur sy pa, Allister Louw, afgerig met Isabella Kruger as hulpafrigter.
Prestasies
• Goud vir dans met perd (dressage)
• Goud vir perd en ruiter se netheid en voorkoms (performance riders)
• Goud vir hindernisbaan (working riding).
Hy vorder van beginnerruiter na vlak 1.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'