Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die eerste dogtershokkiespan van Hoërskool Langenhoven in Riversdal het vir die eerste keer daarin geslaag om hul eweknieë van Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn te klop.
In Saterdag se interskole kragmeting in Riversdal het Langenhoven die besoekers in 'n aanskoulike wedstryd met 1 - 0 te klop.
Langenhoven se seuns moes egter die knie buig met 1 - 0 nadat Langenhoven Gimnasium die wendoel in die doodsnikke van die wedstryd aangeteken het.
FOTOGALERY: Langenhoven-dogters klop Oudtshoorn se hokkiebokkies
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’