TUINROETE NUUS - Dit sit nie sommer in elke man se broek om die uitdagende Ysterman-kompetisie aan te durf nie.
Jy het meer as net hare op jou tande nodig om die 1.9 km-swem, 90 km-fietsry en die 21.1 km-hardloop aan te pak en dit boonop suksesvol te voltooi.
Nege atlete van Langeberg-atletiekklub het dit vanjaar voltooi. Ongelukkig het ons die naam van Kobus Louwrens per ongeluk uitgelaat en dit het tot 'n klein konsternasie in atletiekkringe in Hessequa veroorsaak. Natuurlik is daar tong in die kies gevra of Kobus dalk gediskwalifiseer is en of hy dit nie gemaak het nie.
Suid-Kaap Forum kan egter vandag "eksklusief" onthul dat Kobus inderdaad die Ysterman suksesvol in 'n tyd van 07:01:46 voltooi het. En hy het 'n medalje om dit te bewys (sien foto).
Ons gee graag weer die nege ysters se tye: Chante Hopkins (05:23:42), Danie Geldenhuys (05:36:46), Nico Steyn (05:53:52), Reece Hughes (06:00:07), Marnus Meiring (06:18:57), Kobus Louwrens (07:01:46), Johannes Carel Jordaan (07:01:50), Nicolaas Strydom (07:02:09) en Dirk van Niekerk (07:03:48).
Vir Dirkie en Callie was dit hulle eerste deelname aan die Ysterman.
Chante Hopkins het 'n topvertoning by vanjaar se Ysterman-kompetisie gelewer.
Marnus Meiring (Langeberg-atletiekklub) diep tevrede na sy vertoning by vanjaar se Ysterman.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’