RIVERSDAL NUUS - Die netbalspelers het 'n afrigtingskliniek van 18 tot 20 Februarie by die skool bygewoon, wat deur mev. Burta de Kock, voormalige Protea-afrigter, aangebied is.
De Kock en drie aanbieders (Crinum-spelers; die Cheetas van netbal), het die leerders en afrigters nuwe vaardighede en tegnieke aangeleer.
Een van die aanbieders was Lefebré Rademan, oud-leerder van dié skool.
Die skool bedank die span Kovsie-afrigters en Charlene Cronjé vir die verblyf van die afrigters.
Leerders wat die kliniek bygewoon het, saam met die skool se netbalafrigters, die drie aanbieders en Burta de Kock.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'