RIVERSDAL NUUS - Hannes Gous, gr. 12-leerder van die skool is net voor aanvang van die o.18-Cravenweek aangewys as die kaptein van die SWD Cravenweekspan wat tydens die afgelope Junie-vakansie in die Paarl aangebied is.
Gous is ook vanjaar die kaptein van die Oakdale o.19 A-rugbyspan asook die eerste krieketspan.
Afgesien van die puik spel wat hy lewer, is hy ook 'n waardige voorbeeld van leierskap op die veld.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'