RIVERSDAL NUUS - Vyf leerders van die skool het op 1 Junie aan die halfeindronde van die ATKV-redenaarskompetisie by Hoërskool Outeniqua deelgeneem.
In die junior voorbereide afdeling vir gr. 8 en 9 het Ryno Fourie (5de plek) en Buksie Scott (6de plek) hulle goed van hulle taak gekwyt.
In die senior voorbereide afdeling vir gr. 10 tot 12 het Wian Beetge eerste geëindig en met die louere weggestap. Met hierdie prestasie kwalifiseer hy om op 17 Augustus aan die finaal van die kompetisie in Buffelspoort te gaan deelneem.
Robert Scott eindig in die 5de plek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'