HESSEQUA NUUS - Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, in samewerking met Hessequa-munisipaliteit, en die seniorklubs het op Maandag 28 Augustus hul jaarlikse sportdag op die Riverville-sportterrein in Riversdal aangebied.
Die spanne wat deelgeneem het was Soetfontein van Melkhoutfontein, Olives, Golden Oldies en Siyazama, al drie van Riversdal, asook Rivervalley van Slangrivier, Heidel van Heidelberg en Kingdom al die pad van Albertinia af.
Die sewe spanne het meegeding in 'n 500 m-stap, 4x100 m-aflos, 100 m-Dress Up-wedloop, jukskei, rugbybalgooi, doelskiet en 'n balaflos.
Soetfontein van Melkhoutfontein was die uiteindelike wenners met Slangrivier se Rivervalley tweede en Heidel van Heidelberg derde.
Die wenspan, Soetfontein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’