STILBAAI NUUS - Stilbaai-hengelklub se jaarlikse Galjoen-derby het Saterdag 5 Augustus in pragtige weer plaasgevind.
Hierdie jaar was daar 35 spanne van sover as Noordwes. Die meeste spanne het egter uit die Kaap uit opgeruk.
Dit was die 29 ste derby en alhoewel die water maar plat was, was daar genoeg geesdrif en van die manne het die galjoene laat bontstaan.
Die individuele wenner was Xander de Beer en die wenspan was Vidas Smoke House.
Jongensfontein se strand is druk besoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’