RIVERSDAL JUKSKEI NUUS - Eden se jukskeispelers het Saterdag, 14 Augustus die winterslaap tydens 'n Vrouedag-byeenkoms op Riversdal afgeskud.
Die entoesiasme vir die nuwe seisoen was merkbaar en die spel vanuit die staanspoor mededingend.
Die wenners van die onderskeie afdelings is: A- en B-afdelings, asook driespel: Hartenbos B en spanspel: Hartenbos A.
Die C-afdelings is oorheers deur puik spel gelewer deur die Gouritzmond-span.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'