STILBAAI NUUS - Stilbaai Hengelklub hou hulle galjoen derby al vir dertig jaar en twee manne van Stilbaai het 'n besondere mylpaal bereik.
Die twee Stilbaaiers André Manning en Coenie Jones het nie een derby gemis in hierdie dertig jaar nie en die Hengelklub het hulle Saterdag 10 Agustus met spesiale sertifikate vereer.
Hulle is ook nie van plan om gou op te hou hengel nie, wat beteken dat hulle seker nou gaan vir die 50 jaar mylpaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’